Chanelle: 'Snellerman' se vrou, kinders vlug

2011-11-21 10:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die gesin van die geskorste konst. Gerhardus du Plessis, die beweerde snellerman in die sluipmoord op Chanelle Henning, het gevlug.

Hul verdwyning kom nadat 'n sesde verdagte verlede week in verband met die moord op Henning in die hof verskyn het.

The Pretoria News het by bronne na aan die ondersoek en die Du Plessis-gesin verneem dat sy vrou en hul drie dogters uit vrees vir wraak gevlug het.

Die polisieman het Dinsdag 'n bekentenis voor 'n landdros gemaak oor sy aandeel in die moord. Sy gesin word glo gedreig.

Kol. Neville Malila, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die gesin het nie beskerming van die polisie ontvang nie.

"Hulle het self uit hul huis getrek en woon saam met vriende. Ek kan nie sê waar of by wie hulle woon nie. Hulle probeer wegbly van die media omdat hulle nie hieroor wil praat nie."

Die 26-jarige Henning was in 'n bitter egskeidingstryd gewikkel met haar vervreemde man en miljoenêr-sakeman Nico Henning, toe sy doodgeskiet is oomblikke nadat sy haar seun Benjamin by die kleuterskool afgelaai het.

Du Plessis, André Gouws, 'n oud-polisieman en ’n goeie vriend van Henning se vervreemde man, Ambrose ­Monye, ’n voormalige Olimpiese atleet van Nigerië en skuldinvorderaar, Willem Pieterse – glo die eienaar van die motorfiets wat in die aanval gebruik is – en Preshan Singh, wat na bewering die rewolwer gesteel het en gebruik is om Chanelle te vermoor, in hegtenis geneem.

Deon Schoeman (20), wat glo die vuurwapen gesteel het, was teen Dinsdagmiddag ook agter tralies. Dié vuurwapen het blykbaar in Singh se hande beland wat dit glo aan die sluipmoordenaars verskaf het.

Malila het gesê Schoeman, wat nie in verband met Henning se moord aangekla is nie, kan ook aangekla word van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: chanelle henning  |  moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.