Cézanne ‘verlig’ oor Dirk se vonnis

2010-02-03 12:36
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens

Pretoria.– Cézanne Visser, voormalige minnares van die bankrower Dirk Prinsloo, is verheug oor sy vonnis van 13 jaar tronkstraf in Belarus.

“Dit is vir haar ’n verligting dat hy nie skotvry daarvan afgekom het nie en dat hy nou vir sy dade moet boet, al is dit in Belarus,” het adv. Johann Engelbrecht SC, haar regsverteenwoordiger, gister gesê.

“Hy het soos ’n swakkeling van sy verhoor in Suid-Afrika weggevlug.

“Hopelik sal die vonnis die bose kringloop breek van verwoesting wat hy in vroue se lewens gesaai het.”

Engelbrecht beoog om volgende week in die hooggeregshof in Pretoria aansoek te doen dat die getuienis in Prinsloo se verhoor in Belarus as versagtende omstandig­hede in Visser se saak toegelaat word.

Sy verskyn weer op 8 Februarie in die hof wanneer Engelbrecht sal begin om deskundiges se getuienis ter versagting van haar vonnis aan te bied.

Visser is vroeër skuldig bevind aan onder meer die onsedelike aanranding van kinders en van bedrog.

Volgens Engelbrecht staaf van die getuienis in Prinsloo se saak Visser se saak.

“Dit kan aantoon dat Prinsloo ’n geweldige invloed op vroue uitoefen. Hy slaag daarin om beheer oor vroue se lewe te neem en hulle word soos klei in sy hande. Ek gaan ingevolge die wysigingswet op die bewysreg vra dat die hof ’n spesiale uitsondering op die hoorsê-reël maak en die getuienis toelaat,” het Engelbrecht gesê.

Visser se verweer is dat sy ten tyde van haar verhouding met Prinsloo só onder Prinsloo se invloed was dat sy nie as ’n individu kon funksioneer nie.

Volgens Engelbrecht is dit hoogs onwaarskynlik dat Prinsloo se minnaresse in Belarus van die getuienis in Visser se saak bewus sou wees. “Daar is geen manier hoe hulle hul bewerings kon versin nie en hul verhale toon ooreenkomste met dié van Visser,” het Engelbrecht gesê.

- Die Burger

Lees meer oor: cezanne visser  |  hof  |  dirk prinsloo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Adoons sê... Hoe proe ek nou daai hoender op my tong. Lees die storie...

Weather
Traffic
Lottery
Cpt: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Broken clouds. Warm.
Jhb: 16-28°C Broken clouds. Warm. Bloem: 14-29°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 21-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 17-23°C More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Jobs - Find your dream job

Oracle DBA

Johannesburg, South Africa
Network IT Centurion
R420000 - R600000

Bookkeeper

Pretoria, South Africa
Under African Skies Recruitment
R12000 - R15000

PHP Developer

Tokai, Southern Suburbs 7945, South Africa
Quiglies Solutions
Market Related

Cars - Search 1000's of new and used cars

TOYOTA

RunX 140 RT 5-dr MY05
2005
R 115,990.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Base
2011
R 119,900.00

MERCEDES-BENZ

C200 CDi BE AVANTGARDE AT
2011
R 395,000.00

Property - Find a new home

Travel - Look, Book, Go!

Unbeatable Mauritius

Spend 7 nights at Sofitel Mauritius L'Imperial Resort and Spa from R10 757 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - shop online today

Big Mama-speletjies – Tot 50%-afslag

Begin saamspeel teen ’n beter prys met die Big Mama-uitverkoping. Tot 50%-afslag op speletjies + aflewering binne 24 uur*. Koop dit nou.

Big Mama DVD’s – Tot 80%-afslag

Kry tot 80%-afslag op ons DVD’s. Dié aanbod sluit aflewering binne 24 uur in* & is slegs beskikbaar terwyl voorraad hou.

Lego op Uitverkoping

Bespaar R200 op die Geonosian Starfighter en betaal slegs R299,95. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Die Big Mama Uitverkoping

Die Big Mama Uitverkoping is nou aan die gang. Kry tot 80% afslag op Boeke, Musiek, DVD’s, Speletjies, Elektronika, Speelgoed & Geskenke. Koop nou.

Elektronika op uitverkoping

Tot 80% afslag op elektronika + 24 uur-aflewering. Koop nou.

Gratis aflewering binne 24 uur*

Big Mama gobii eLeser-aanbod

Kry die 7" LCD eLeser vir slegs R899 + ’n Gratis eBoek-koepon van R160. Daar is eBoeke beskikbaar vanaf R49,95 waarop jy jou koepon kan spandeer. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.