Cell C moet advertensie onttrek
2010-10-07 16:05
Kaapstad - Die Gesagsowerheid vir Reklamestandaarde (ASA) het Donderdag beslis dat die selfoondiensverskaffer Cell C se nuwe vierdegenerasie- (4G) netwerk "oneerlik" en "misleidend" is en met "onmiddellike effek" onttrek moet word.
Dít kom ná klagtes van die selfoondiensverskaffers MTN en Vodacom.
Cell C het onlangs die 4G, die vinnigste en goedkoopste mobiele breëband in die land, bekendgestel, met Vodacom en MTN wat slegs 3G aanbied.
Dit is egter nie 4G nie, maar 'n verbeterde vorm van 3G, wat spoed van sowat 4G aanbied. Volgens Wikipedia is die HSPA 900+ netwerk wat Cell C aanbied meer soos 'n "3.75G" netwerk is – 'n baie beter vorm van die 3G-aanbiedinge wat vandag beskikbaar is.
Corné Koch van ASA gesê Cell C het pogings aangewend om te verduidelik
dat die 4G-veldtog eintlik "4 Great Speed" en "4 Great Service" beteken.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter