Cele soek manne van staal

2011-10-07 09:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Groter klem gaan in die Wes-Kaap op sigbare polisiëring geplaas word danksy die 550 nuwe voertuie wat in dié boekjaar aangekoop gaan word.

Die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl. Arno Lamoer, het Donderdag gesê dié nuwe voertuie vir die polisie in die Wes-Kaap gaan almal operasioneel ingespan word.

Lamoer het aan Die Burger gesê die voertuie is bedoel vir sigbare polisiëring, sowel as vir speurders in die Wes-Kaap.

Sy kommentaar het gekom nadat genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, Donderdagoggend op ’n ontbyt met sakeleiers en lede van die gemeenskap in Khayelitsha gesê het die polisie het sowat R1 miljard vir nuwe voertuie begroot.

Cele het by dié geleentheid voorts gesê die polisie gaan vanjaar groter klem lê op die werwing van rekrute.

“Jy moet matriek hê, jy moet fiks wees en bowenal moet jy ’n skoon misdaadrekord hê.

“Geen misdadiger sal in die polisie aanvaar word nie,” het hy gesê.

Volgens Cele gaan hulle nog mense oorsien wat nie rybewyse het nie, maar nie diegene met misdaadrekords nie.

Hy het gesê die keuring sal strenger wees en die polisie sal nie meer tevrede wees met mense wat aansoek doen omdat hulle niks anders het om te doen nie.

“Ons soek mense in die polisie wat hier wil wees.”

Hy het gesê die dae is ook verby dat mense as reserviste by die polisie wil aansluit, maar dan tot die polisie toegelaat wil word of op betaling aanspraak maak.

“’n Reservis is ’n vrywilliger en vrywilligers word nie betaal nie.”

Volgens Cele is daar mense wat in die polisie wíl wees.

In die vorige boekjaar is 700 wetenskaplikes gewerf en vanjaar is 800 mense wat as wetenskaplikes gestudeer het in diens geneem.

Volgens hom is daar ook 28 mense met doktorsgrade in die polisie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.