Cele se pakkette nou bekyk

2011-12-01 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Nathi Mthethwa, minister van polisie, het interne ondersoeke gelas na die rits senior poste en goue handdrukke wat genl. Bheki Cele, geskorste polisiehoof, die afgelope twee jaar uitgedeel het.

Die ondersoeke behels die aanstelling van minstens 20 mense en die R31,2 miljoen wat die afgelope twee boekjaar aan skeidingspakkette bestee is om meestal van senior polisiebeamptes ontslae te raak.

Mthethwa het Woensdag in die parlement gesê dit blyk die beleid wat die nasionale polisiehoof magtig om beamptes in “uitsonderlike omstandighede” aan te stel sonder om normale aanstellingsprosedures te volg, is misbruik, asook klousule 35 van die Polisiewet waarvolgens beamptes op ’n vroeë ouderdom kan aftree of skeidingspakkette ontvang.

Benewens die interne ondersoeke het Mthethwa die spesiale ondersoekeenheid (SOE) gevra om ondersoek in te stel na onreëlmatige besteding vir die Nasionale Polisiedagviering in die Orlando-stadion in Soweto in Januarie, waar sowat 37 000 beamptes van oor die land heen saamgetrek het.

Tot R36,4 miljoen is aan dié dag bestee en ’n paar miljoen daarvan was onreëlmatig. “Die SOE het reeds ’n proklamasie vir die president voorberei en wag vir sy goedkeuring (om met die ondersoek te begin),” het Mthethwa aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê.

LP’s was onthuts toe Mthethwa hulle meedeel die miljoene rande wat die polisie aan 19 skeidingspakkette bestee het, sal nie van dié mense verhaal kan word nie. “Hulle het dit nie aan hulself toegeken nie; hulle het daarom aansoek gedoen en dit is (deur Cele) toegestaan,” het Mthethwa gesê.

Volgens hom is daar ruimte om klousule 35 te “manipuleer” en moet die Polisiewet gewysig word sodat die minister voortaan ook sy goedkeuring vir skeidingspakkette moet gee.

Mthethwa het agterna aan die media gesê ’n interne ondersoek word gedoen om vas te stel hoekom die 19 beamptes skeidingspakkette ontvang het. “Hoewel dit voorheen (voor Cele se aanstelling) ook gebeur het, gaan ons net op dié groep fokus.”

Die tweede ondersoek fokus op die 20 mense wat sonder die gewone aanstellingsprosedures deur Cele bevorder is. Die modus operandi was om ’n pos te adverteer, die advertensie terug te trek en summier ’n aanstelling te doen sonder om onderhoude te voer.

Volgens Mthethwa sou dit nie vreemd wees as “een of twee” mense só aangestel word nie. “Maar as dit heelwat meer is, word dit ’n probleem.”

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiehoof, het Mthethwa Woensdag vergesel. Toe hy gevra is wat sy indrukke van die polisie se nuwe “militaristiese” rangstelsel is, het Mkhwanazi gesê dit het nie veel aan die dissipline verander nie.

“Maar sonder bevel en beheer sal die polisie nie oorleef nie.”

Cele is verlede maand geskors hangende die uitslag van ’n raad van ondersoek na sy betrokkenheid by twee onwettige huurooreenkomste van sowat R1,8 miljard wat die departement van openbare werke vir polisiekantore in Pretoria en Durban gesluit het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: bheki cele  |  sapd  |  polisie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.