Cele sê jammer oor 'klopjag' op OB-kantoor
2011-03-04 13:00
Pretoria – Die kantoor van die Openbare Beskermer sê hy het 'n verskoning van genl. Bheki Cele ontvang vir 'n ongemagtigde besoek deur twee van sy beamptes.
Woensdag se besoek kom slegs dae nadat adv. Thuli Madonsela, OB, 'n verslag oor 'n huurooreenkoms van R500 miljoen vir nuwe polisiekantore vrygestel het.
Dit is steeds onduidelik wie die beamptes beveel het om na Madonsela se kantoor te gaan, maar Cele hou voet by stuk dat hy niks daarmee te doen gehad het nie.
"Generaal Bheki Cele het die Openbare Beskermer gister (Donderdag) gebel en om verskoning gevra en ook onderneem om die saak dringend te ondersoek," het Kgalalelo Masibi, woordvoerder van die Openbare Beskermer, gesê.
Sy het gesê Madonsela is tevrede met die verduideliking, maar eis dat 'n volle ondersoek gedoen word.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter