Cele ontken doodskietbevel

2011-04-20 07:02
Tweets Share Share line Print

Ficksburg - ’n Verergde genl. Bheki Cele, nasionale kommissaris van polisie, het Dinsdag met ’n gepunte vinger en ’n geïrriteerde gesigsuitdrukking heftig ontken dat hy ooit gesê het “die polisie moet skiet om dood te skiet”.

Sy ontkenning strook nie met vroeëre uitsprake van hom veral kort ná sy aanstelling nie.

Ure later het Cele op ’n nuuskonferensie in Kimberley vir polisielede geskerm en ook die media bygekom.

Op Ficksburg het Cele se verontwaardigde reaksie gekom toe hy en die adjunkminister van polisie, Maggie Sotyu, besoek afgelê het by die familie van Andries Tatane wat verlede week ten tyde van ’n massabetoging teen swak dienslewering deur die polisie met rubberkoeëls doodgeskiet is.

Ná die besoek is hy en sy span inderhaas hier weg Kimberley toe. Daar het hy op ’n nuuskonferensie gesê die polisie is nie huursoldate (“dogs of war”) nie en ook nie opgelei om dood te maak nie, berig Charné Kemp.

Op Ficksburg het Volksblad hom gevra om kommentaar omdat die mense van Meqheleng meen Cele moet deels verantwoordelikheid aanvaar vir Tatane se dood ná vorige uitsprake dat die polisie moet “skiet om dood te skiet”.

“Gee my een verklaring waarin ek dit gesê het. Bring vir my die klankgreep waar Cele sê die polisie moet skiet om dood te skiet. Ek het dit nog nooit gesê nie,” het hy geïrriteerd gereageer.

Cele wou ook geen kommentaar lewer op die Onafhanklike Klagte-direktoreaat (OKD) se ondersoek en of hulle vinnig genoeg opgetree het nie.

Op ’n vraag waarom die bevelvoerder van die polisie se eenheid vir openbare orde, waarvan ses lede in hegtenis is ná die Ficksburg-geweld, nie ook agter tralies is nie, het Cele gesê dit is alles in die OKD se hande.

Net ná sy gesprek met die media het ’n omgekrapte Cele van die huis van Tatane vertrek.

Hy het vroeër sy meegevoel aan die familie en vrou van Tatane oorgedra en gesê die mense se ontvangs maak hom nederig.

“Ek het nie geweet wat om te verwag van die familie nie, maar ek het vandag ’n paar dinge van hulle geleer. Hierdie is mense met goeie harte.

“Baie mense het gevra: Waar’s Cele? Hoekom kom hy nie Ficksburg toe nie? Maar ek was weg en het Vrydag eers weer in die land gekom.

“Ek het so gou moontlik na Ficksburg toe gekom.”

Hy het Tatane se dood as ’n jammerlike voorval beskryf en gesê dit moes nooit gebeur het nie.

“My wens is dat Andries Tatane se bloed die laaste in so ’n voorval moet wees.”

Net voordat hy uit die huis gestap het, het Cele R350 aan die gesin oorhandig. Sotyu het R400 bygedra en nog een van die afgevaardiges het R200 aan die familie gegee.

’n Suster van Tatane, Sarah Bani, het gesê hulle sal die geld gebruik om vir Tatane se seuntjie, Molefi (4), iets te koop.

Sy sê hulle was verbaas oor Cele se koms.

“Ná alles wat gebeur het, het ons nie gedink hy sal opdaag nie. Hy is ook ’n moeilike mens om mee in kontak te kom, so ons is verbaas en bly oor sy besoek.

“Dit maak niks reg nie, maar dit laat voel ons darem dat baie aandag aan Andries se saak gegee word.”)Einde verlede jaar is berig dat Cele ook aan die media gesê het hy het nooit die spesifieke woorde “skiet tot die dood toe” gebruik nie.

Volgens hom het hy vroeër gesê “die polisie moet dodelike optrede gebruik”.

In 2009 het verskeie joernaliste wel berig daaroor dat Cele op ’n nuuskonferensie gesê het hy staan by sy vroeëre “skiet tot die dood toe”-uitspraak.

Verskeie Engelse joernaliste het daarna na hom verwys as Bheki “Shoot to kill” Cele.

Kort ná sy aanstelling het Cele die parlement versoek om art. 49 van die Strafproseswet te verander sodat polisiemanne vinniger en beter van gewelddadige misdadigers ontslae kan raak.

- Volksblad

Lees meer oor: bheki cele  |  ficksburg  |  polisie  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.