Cele maak misdaadteiken 3% laer

2010-02-25 06:51
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad – Die polisie het die teiken om ernstige geweldsmisdaad jaarliks met 7% tot 10% af te bring, stilletjies verlaag.

’n Amptenaar van die nasionale tesourie het gister in die parlement gesê komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het die persentasies hersien omdat die polisie die laaste paar jaar nie die hoër teiken kon haal nie.

Die polisie onderneem nou om misdade soos moord, verkragting, kapings en rooftogte by huise en ondernemings elke jaar met tussen 4% en 7% te verminder.

“Die nuwe teiken is laag. In ag genome die gewelddadige aard van ons misdaad dink ek nie die breë publiek gaan hiermee gelukkig wees nie,” het Rendani Randela van die tesourie se afdeling vir openbare finansies aan die portefeuljekomitee oor polisie erken.

Die nuwe teikens is aan die nasionale tesourie deurgegee ter voorbereiding op nasionale departemente se begrotingsredes.

Dit beteken Cele en sy beamptes kry vir die 2010-’11-boekjaar tot R5,5 miljard meer om makliker teikens te haal as in die vorige boekjaar. Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, het onderneem om Cele na die parlement te ontbied om die besluit te motiveer.

Tot 38% van die polisie se begroting – dit is byna R21 miljard – is vir sigbare polisiëring bedoel. Tans magtig wetgewing die polisie om tot 8% van dié geld (dit is sowat R1,7 miljard) vir ander doeleindes aan te wend sonder om die tesourie se instemming vooraf te kry. Sowel die ANC as die DA meen dit is ongehoord. “Ons moet seker maak die geld word gebruik waarvoor dit bedoel is,” het Annelizé van Wyk, ANC-LP, gesê.

Voorts blyk alles nie pluis te wees met die tenderprosesse wat die polisie volg nie.

Cele het die ouditeur-generaal (OG) se kantoor versoek om ondersoek in te stel na beweerde ongerymdhede na sekere tenders wat toegeken is. Die OG wou nie meer besonderhede bekend maak nie, maar het wel bevestig die ondersoek sal teen Mei afgehandel wees.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  sapd

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

eben.potgieter sê... Almal weet wie is Sunette. Wie is Wanita nou weer? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.