Cele braak gal oor ou landsvlag

2009-12-09 08:27
Tweets Share Share line Print

Dries Liebenberg

Durban. – Komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het gister ontstoke gereageer op ’n ou landsvlag op ’n lessenaar in ’n Metrorail-kantoor.

Cele en Nathi Mthethwa, minister van polisie, was in die stad om die polisie se misdaadbekampingsplan vir die vakansie bekend te stel.

Mthethwa het op pad na ’n konferensiesaal in die Durbanse spoorwegstasie vasgesteek toe hy die vlaggie op ’n lessenaar van ’n junior Metrorail-bestuurder gewaar het.

Hy het Cele dadelik nader geroep. Dié het vir die vrou wie se kantoor dit is, gevra wat die vlaggie op haar lessenaar soek.

Met ’n groot weergawe van die nuwe landsvlag wat teen die muur bo haar pryk en ’n Sharks-vlag in die venster, het die vrou stilweg geantwoord dis vir haar iets moois.

“Dis buite orde!” het Cele uitgeroep en opdrag gegee dat daarop beslag gelê word.

Nadat die vrou gesê het sy is baie jammer, het komm. Bongani Ntanjana, adjunkhoof van die polisie in KwaZulu-Natal, die vlaggie verwyder.

Volgens Dumisani Dube, streekbestuurder van Metrorail, was die hoof van die finansies-afdeling waar die vrou werk nie bewus van die ou landsvlag in die kantoor nie.

“Daar sal ondersoek ingestel word met die oog op korrektiewe stappe,” het hy gesê.

Mthethwa en sy adjunk, Fikile Mbalula, was saam met Cele en die provinsiale polisiebestuur deel van ’n groot magsvertoon deur Durban se strate met die boodskap dat die regering ernstig is in sy “kruistog teen misdaad” dié vakansie.

Nadat komm. Monnye Ngobeni, KwaZulu-Natalse polisiehoof, ’n afskrif van die provinsie se misdaadplan aan Cele oorhandig het, het Mthethwa moord, roof en kapings as spesiale fokuspunte uitgelig.

Min is egter oor KwaZulu-Natal se plan bekend gemaak.

Dir. Phindile Radebe, provinsiale woordvoerder, het net gesê 20 000 polisielede gaan ontplooi word, polisiëring gaan by strande verskerp word en die taktiese reaksiespan gaan teen rooftogte en kapings gebruik word.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: bheki cele  |  ou landsvlag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
90 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Nog n' gravy trein, die res is ANC bemerking Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.