Cele: Selfs Jesus had misdaadprobleem

2011-04-02 07:33
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Vrydag die polisiemag met Jesus Christus en die 12 apostels vergelyk, asook ’n vergelyking getref tussen die polisie en God en Adam en Eva in die tuin van Eden.

Cele het Vrydagoggend op ’n motor-oorhandigingseremonie in Pretoria gesê as Jesus en God misdadigers in hul midde gehad het, sal dit te wagte wees dat daar misdadigers onder die 193 000 lede van die polisie is.

Terwyl Cele gepraat het, het tientalle polisielede wat die geleentheid bygewoon het, geskaterlag omdat dié vergelykings vir hulle snaaks was.

“Jesus Christus het ’n organisasie van 12 mense gehad,” het Cele gesê.

“Onder daardie 12 was daar ’n misdadiger wat elke dag saam met Jesus gesit het.

“Selfs toe Jesus hom (Judas) tereggewys het, het hy ontken dat dit hy was wat die misdadiger is. In die tuin van Eden was daar twee mense. God het self elke oggend inspeksie gedoen.

“Een dag toe kry Hy hulle nie. Hulle het weggekruip, want hulle het ’n misdaad gepleeg.

“As jy misdadigers onder twee mense gaan kry, sal jy misdadigers in ’n organisasie kry wat 193 000 lede het.”

Cele het gesê dit is “pynlik” om polisielede weens misdaad te arresteer, maar dit is die regte ding.

In die laaste sewe maande is 254 polisielede in Gauteng in hegtenis geneem weens hul beweerde betrokkenheid by onder meer korrupsie en rooftogte.

Onder dié polisielede is lt.genl. Richard Mdluli, nasionale hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, wat homself Donderdag aan die polisie oorgegee het in verband met ’n moord
12 jaar gelede.

Twee van Mdluli se ondergeskiktes, kol. Nkosasana Ximba, ook bekend as “Killer”, en ao. Samuel Dlomo, het hulself ook weens dié moord aan die polisie oorgegee. ’n Vierde polisieman, lt.kol. Selelo Mthunzi, ook van misdaadintelligensie, is Vrydag gearresteer.

Al vier is nog in aanhouding.

Cele het gesê Mdluli se arrestasie verskil nie van enige ander arrestasie van ’n polisiebeampte nie. “Of jy ’n konstabel of ’n generaal is, daar is nie ’n verskil nie,” het Cele gesê.

“Ons sou daarvan gehou het dat dit nie ’n polisielid was wat gearresteer is nie.

“Dit was ’n pynlike ervaring, maar as ’n lasbrief uit is vir jou arrestasie, moet die polisie jou arresteer.

“Iemand het vir my gesê teen die tempo wat ons polisielede arresteer, gaan daar nie meer enige polisielede oor wees teen die einde van my termyn nie,” het Cele gesê.

“Dié persoon het gesê hulle stop my nie (om te arresteer nie), maar die tempo van arrestasies van polisielede is kommerwekkend.

“Die tempo waarteen ons polisielede arresteer, is die tempo waarteen hulle misdaad pleeg.

“Ek wil polisielede dit op die hart druk: Bly weg van misdaad. Julle moet dit beveg en nie deel daarvan wees nie.”


Genl. Bheki Cele: “Daar het elke dag ’n misdadiger saam met Jesus gesit.”
Foto: Theana Breugem

Lees meer oor: bheki cele  |  polisie  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
117 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.