Cele: SA se misdaad is nie ergste ter wêreld

2010-03-10 06:31
Tweets Share Share line Print

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Suid-Afrika se misdaad is nie die ergste in die wêreld nie.

Komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het Dinsdag in die parlement gesê daar is geen statistiese bewyse vir die “wilde aanname” dat meer misdaad hier as elders ter wêreld aangemeld word nie.

“Waar kom dié vergelyking vandaan? Waarop grond mense dit as daar geen Interpol-statistieke is om dit te staaf nie? Dit is verkeerd!” het Cele aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê.

Volgens hom verswyg talle ontwikkelende lande soos dié in Suid- en Sentraal-Amerika hul statistieke en dit skep ’n verwronge beeld van misdaad in Suid-Afrika.

Komiteelede het verstom gesit en luister na Cele se verklaring dat hier “baie minder” kapings as in ander lande is. Hy het wel toegegee misdaad is wreedaardig en gewelddadig. “Jy word nie net gekaap nie, maar ook geskiet en verkrag.”

Hy het voorts aangevoer sekere misdade is veel erger in die VSA en Engeland “waar daar meer mense gesteek word as in enige ander land in die Europese Unie”.

Die polisiehoof het die komiteelede vroeg-vroeg daaraan herinner “ek word nou ’n generaal genoem” omdat die kabinet die polisie se nuwe rangstruktuur reeds goedgekeur het.

Niemand het hulle egter daaraan gesteur nie en hom steeds as “kommissaris” aangespreek.

Komiteelede was duidelik nie beïndruk nie met Cele ná hul vorige vergadering in Pretoria toe die polisiehoof in ’n sweetpak en draftekkies opgedaag het.

Daar was weinig reaksie op sy halfhartige grappies en hy is blitsig vasgevat omdat die teikens om ernstige geweldmisdaad jaarliks met tussen 7% tot 10% af te bring, verlaag is.

Daarop het Cele geantwoord dat die nuwe teiken om misdade soos moord, verkragting en rooftogte elke jaar met tussen 4% en 7% te verminder, “meer haalbaar” is.

Annelizé van Wyk, ANC-LP, het Cele ergerlik daarop gewys dat die verlaging van teikens nie veel gaan doen om landsburgers se persepsies oor misdaad te verander nie.

“Pleks daarvan om die teikens af te bring, hoekom probeer julle nie eerder harder nie?”

Tog het Cele volgehou wetstoepassers kry nie die eer wat hulle toekom nie. “Die tronke is 140% oorbevolk. Daai mense het nie soontoe gemarsjeer nie, die polisie het hulle gevang.”

Hy en 20 van sy topbestuurslede het die polisie se begroting vir die 2010-’11-boekjaar aan die komitee voorgelê.

Daarvolgens sal meer as R900 miljoen bestee word om WB 2010 te beveilig.

Voorts sal die polisie vanjaar die beveiliging van lughawens oorneem nadat hulle voorheen net ’n “ondersteunende rol” daar vervul het.

- Beeld

 

Lees meer oor: misdaad  |  bheki cele

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

sanet1234 sê... Met ander woorde, dit is doodnormaal sou Paul Kruger se standbeeld nakend op die plein vertoon was, terwyl hy gelewe het? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.