Cele: Polisie gaan nie staak
2010-08-26 16:04
Johannesburg – Daar is geen bewyse dat polisielede sal begin staak nie, het Bheki Cele, nasionale polisiehoof, Donderdag gesê.
“Polisielede gaan voort met hul daaglikse take en het nog nie opgehou nie,” het Cele aangekondig.
Cele sê hy is gelukkig met die polisie se doen en late sedert die begin van die staatsdiensstaking.
“Ons lede het reuse-deurbrake gemaak soos byvoorbeeld die inhegtenisname van 10 mense in die Oos-Kaap vir moord en ‘n groot dwelmvonds,” het Cele gesê.
Die polisie en Popcru-lede (wat die polisie en korrektiewe dienste verteenwoordig) het Woensdag aangekondig dat 14 500 polisielede, tronkbewaarders en verkeersbeamptes sal begin staak.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n interdik hierteen gekry.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA