Cele: Harde werk het misdaad laat afneem
2011-09-08 16:47
Pretoria – Die algehele afname in misdaad is te danke aan harde werk deur die polisie en die burgerlike samelewing, het genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, gesê.
"Gebed kon dalk deel daarvan wees, maar die groter deel is die pogings wat op voetsoolvlak gemaak is," het Cele in Pretoria by die bekendmaking van die jaarlikse misdaadstatistiek gesê.
"Wat die minister hier aankondig, het nie natuurlik gebeur nie. Dit was nie die oorsprong van die heilige gees in die harte van misdadigers nie. Sommige mense het daarvoor gewerk."
Nathi Mthethwa het aangekondig dat Suid-Afrika se moordsyfer met 6,5% gedaal het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA