Caster-toetse afgeneem

2009-09-16 06:33
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Caster Semenya was “bitter ontsteld” toe daar foto’s van haar geslagsdele geneem is tydens die toetse wat in Suid-Afrika op haar gedoen is.

Semenya was só ontsteld dat sy haar vriende vanuit die hospitaal ge-SMS en gebel het om hulle te vertel wat met haar gebeur het, het Wilfred Daniels, wat onlangs weens die Semenya-skandaal uit Atletiek Suid-Afrika (ASA) as spanbestuurder en afrigter bedank het, gisteraand in ’n radiodebat gesê.

“Die toetse het amper twee uur geduur en Semenya het later erg gefrustreerd en selfs kwaad geword oor die vernederende aard van die toetse. Haar voete was in stiebeuels toe die foto’s geneem is.

“Miskien het die tyd aangebreek dat Semenya (Suid-Afrika se vroue-wêreldkampioen in die 800 m) sélf vertel watter toetse daar op 7 Augustus in die Medforum-hospitaal in Pretoria op haar gedoen is.

“Dit is die enigste manier waarop die volle waarheid sal uitkom,” het Daniels in die debat met mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, op Radio Metro gesê.

Volgens Die Burger se bronne was daar net drie mense dié betrokke dag in die hospitaal teenwoordig toe die toetse gedoen is: Semenya, haar afrigter, Michael Semé, en dr. Harold Adams, wat steeds spoorloos is.

Die opdrag aan haar was dat sy na die hospitaal moes gaan sodat sy vir die misbruik van dwelms getoets kon word.

Die Burger het betroubaar bevestiging ontvang dat Adams die afgelope naweek met die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) kontak gemaak het en “wou praat”.

Chuene hou steeds vol dat hy niks van die toetse weet nie.

Hy het ’n beroep op Daniels gedoen om op te hou om net allerlei bewerings te maak en ’n slag alles wat hy weet oor die toetse bekend te maak.

Hy het gesê ASA kon nie geslagstoetse op Semenya doen nie omdat sy grondwet nie daarvoor voorsiening maak nie. ASA sou ook nie vir sulke toetse betaal het nie.

Daniels het hierop gesê die antwoorde moet van Semenya self verkry word.

“Ek dink nie dit gaan meer saak maak wat die IAAF op 20 November bekend maak nie. Ek dink Caster se loopbaan is verby.”


- Die Burger

Lees meer oor: caster semenya

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.