Caster-klagte ‘rassisties’

2009-08-20 16:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg- Suid-Afrikaanse unies en politieke organisasies het die IAAF gekritiseer oor die herrie wat rondom Caster Semenya losgebars het.

“Hierdie aantygings stink van die rassisme. Dit skep ‘n wanindruk van hoe ‘n vrou veronderstel is om te lyk,” het die Jong Kommuniste-liga (YCL) in ‘n verklaring gesê.

“Wat van Venus en Serena Williams? Hulle het nooit deurgegaan wat Semenya nou moet deurmaak nie. Is dit omdat hulle van Amerika afkomstig is?”

Die Suid-Afrikaanse Sokkerspelersvereniging (Safpu) het ook hulle ongelukkigheid oor die voorval uitgespreek.

Wat sê kundiges?:

‘n Ondersoek om die geslag van die kampioen naelloper Caster Semenya te bepaal sal verskeie toetse vereis, beweer ‘n dokter.

“’n Ginekoloog, endokrinoloog, genetikus en sielkundige sal gebruik word om die toetse op Semenya te doen,” het Ross Tucker, van die Sportwetenskap Instituut, gesê.

Die 18-jarige Semenya het die 800m wêreldtitel Woensdagaand verower tydens die Wêreldkampioenskappe in Berlyn. Sy het dit in ‘n rekordtyd van 1:55.45 kafgedraf. Dit is die vinnigste tyd in die wêreld vanjaar.

Die IAAF het ‘n paar weke gelede daarop aangedring dat Semenya ‘n geslagstoets moet doen. Dit kom na kommentaar oor dié jong atleet se manlike-gelaatstrekke en haar kragtige hardloopstyl.

Maar volgens kenners is dié proses baie ingewikkeld omdat ‘n groot verskeidenheid kundiges se hulp ingeroep moet word.

Geskiedenis van geslagstoetse:


Volgens Tucker het geslagstoetse in die 60’s begin, maar was dit slegs beperk tot ‘n ondersoek deur ‘n dokter. Maar sedertdien is besluit dat hierdie metode nie voldoende is nie omdat geslag meer behels as slegs die geslagsorgane.

“Sommige persone het eksterne geslagsorgane van een geslag, maar ander eienskappe van die teenoorgestelde geslag,” het Tucker gesê.

Later in die 80’s is die ondersoeke vervang deur chromosoom-toetse. Oor die algemeen beskik vroue oor twee “X” chromosome (XX) en mans oor beide ‘n “X” en “Y” chromosoom (XY). In sommige gevalle kan vroue slegs oor ‘n enkele “X” chromosoom beskik.

Maar selfs hierdie toets het sy beperkings gehad omdat sommige vroue wel oor manlike chromosome beskik maar die fisiese eienskappe van ‘n vrou het.

“Nie die fisiese ondersoek of die chromosoom-toets het gewerk nie. Daarom is daar besluit om van ‘n verskeidenheid kundiges gebruik te maak om die geslag van ‘n persoon te bepaal,” het Tucker gesê.

Semenya se toets:

Daar is nog nie sekerheid oor wanneer die uitslag van Semenya se toets beskikbaar sal wees nie. Hierdie voorval herinner aan ‘n soortgelyke gebeurtenis waarby die naelloper van indië, Santhi Soundarajan, betrokke was.

Soundarajan moes ook ‘n geslagtoets ondergaan nadat sy ‘n silwer medalje by die Asië Spele gewen het. Daar is bevind dat sy nie oor die seksuele eienskappe van ‘n vrou beskik het nie en sy moes haar medalje teruggee.

“Só iets het ‘n geweldige impak op ‘n persoon se lewe. Daarom word die hulp van ‘n sielkundige ook ingeroep,” het Tucker gesê.

– Sapa
 

Lees meer oor: semenya

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.