Caster in geldpenarie

2009-09-08 07:03
Tweets Share Share line Print

Wlhelm de Swardt

Johannesburg - Caster Semenya, die vroue-wêreldkampioen in die 800 m, het nie eens geld om vir haar ma in Limpopo te gaan kuier nie, want Atletiek Suid-Afrika (ASA) het nog nie sy gekontrakteerde atlete betaal nie.

Dit terwyl ’n verskyning van Semenya in The Oprah Winfrey Show deur die mat geval het sonder dat sy daarin geken is omdat die ASA geëis het dat Semenya daarvoor betaal word.

Dit is gister deur mnr. ­Wilfred Daniels, voormalige spanbestuurder van ASA, bevestig.

Volgens Daniels se inligting is ASA se gekontrakteerde atlete se salarisse nie vir Augustus betaal nie en is daar sprake dat hulle ook nie dié maand betaal gaan word nie.

Semenya was na verneem word meer as bereid om verniet saam met Oprah Winfrey en haar stigting te werk omdat sy besef het dat dit vir haar loopbaan as atleet vorentoe baie sou beteken.

Intussen word gegis oor waar Semenya se paspoort is.

Dit het glo ná die Wêreldbyeenkoms in Berlyn “weggeraak”. Sy sou dus nêrens heen kon reis nie, al sou sy na internasionale byeenkomste genooi word.

Daniels, wat pas uit ASA bedank het, skat dat Semenya $200 000 (sowat R1,4 miljoen) aan inkomste kan verloor as sy genooi sou word.

Mnr. Molatelo Malehopo, uitvoerende hoof van ASA, het al dié beweringe as “absolute nonsens” bestempel.

Volgens hom is dié bewerings gemaak in ’n dokument wat opgestel is deur mense wat hulle daarop toespits om ASA in ’n slegte lig te stel en munt te slaan uit Semenya.

Daniels het gister onthul dat Semenya die dag voordat sy na Berlyn moes vlieg om aan die Wêreldbyeenkoms deel te neem, vir toetse na ’n Pretoriase hospitaal moes gaan.

’n ASA-beampte het haar laat verstaan dit is maar net nóg toetse om vas te stel of sy verbode middels gebruik. In werklikheid is “geslagstoetse” inderdaad op haar gedoen
sonder dat sy of haar afrigter vooraf daarvan ingelig is.

Sy is ook nie toegelaat om regsadvies in te win nie.

“Die dag voordat sy aan die eindronde van die 800 m moes deelneem, is sy weer getoets,” het Daniels gesê.

Dié keer was sy darem volgens hom bewus daarvan.

“Ek kon doodeenvoudig net nie meer met al die leuens saamleef nie.

“Die enigste eerbare ding was om te bedank,” het ­Daniels gesê.  

- Beeld

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  sport

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.