Bylmoorde: Saak teen rugbyspeler uitgestel
2011-08-04 14:08
Durban – Die moordsaak teen die voormalige Blou Bul-flank Phindile Joseph Ntshongwana is tot 25 Augustus in die Durbanse landdroshof uitgestel.
Ntshongwana (33) het Donderdag vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord op drie mense in Lamontville vroeër vanjaar.
Die oud-rugbyspeler word daarvan aangekla dat hy die mense met ‘n byl doodgekap het.
Die saak is uitgestel aangesien ‘n verslag deur ‘n sielkundige en ‘n psigiater nog nie gefinaliseer is nie.
Ntshongwana is in die Fort Napier-hospitaal opgeneem en deur ‘n n sielkundige en ‘n psigiater evalueer. Hul verslag sal in Augustus by die hof ingedien word.
Die beskuldigde se pa, Liston Ntshongwana, het aan die hof gesê sy seun het psigiatriese probleme gehad. Die pa is ‘n voormalige diplomaat en sakeman.
Hy sê sy seun is talle kere in verskeie hospitale, insluitende die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad, behandel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA