Bylmoorde: Man in psigiatriese hospitaal
2011-06-23 15:05
Durban – Die voormalige Blou Bul-flank Phindile Joseph Ntshongwana sal in 'n psigiatriese hospitaal opgeneem word, het die hof Donderdag gehoor.
Ntshongwana (33) het vlugtig in die Durban-landdroshof verskyn nadat hy glo drie mense vroeër vanjaar met 'n byl dood gekap het.
Hy sal Vrydag in die Fort Napier-hospitaal opgeneem word waar hy deur 'n privaat- sowel as staatspsigiater geassesseer sal word. 'n Verslag sal op 4 Augustus aan die hof voorgelê word.
Ntshongwana se pa, Liston Ntshongwana, 'n voormalige diplomaat en sakeman, het vroeër aan die hof gesê sy seun het psigiatriese probleme wat meer as twee jaar gelede opgemerk is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA