Bykans 100 gesinne dakloos ná brand
2011-09-04 11:00
Kaapstad – Sowat 100 gesinne is dakloos nadat hul huise in 'n plakkerskamp by Polokwane afgebrand het, het RSG berig.
Die brand het Saterdagaand tussen 18:00 en 19:00 uitgebreek en twee brandweerwaens het tot middernag gespook om die brand te blus.
Die plakkerskamp het nie enige infrastruktuur nie en die brandweerwaens moes elders volgemaak word.
Geen sterftes of beserings is aangemeld nie, maar die gesinne het al hul besittings verloor.
Johannes Kobolo, 'n gemeenskapsleier, sê sommige van die inwoners van die plakkerskamp is Zimbabwiese burgers.
Die oorsaak van die brand is nog onduidelik.
Volg Nuus24 op Twitter.