Bye takel paramedici by ongeluk

2011-09-14 08:15
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Paramedici by ’n ongeluk waar ’n vragmotor vol bye teen ’n ander vragmotor gebots het, het lelik onder die bye deurgeloop terwyl hulle die beseerdes moes behandel.

Drie paramedici van Netcare 911 is talle kere deur die bye gesteek by dié botsing op die N3 by Warden, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

’n Vragmotor, met ’n vrag byekorwe, het Maandag kort voor middernag buite Warden van agter teen ’n ander vragmotor vasgery en omgeslaan.

Die honderde byeneste het van die vragmotor geval.

Twee insittendes in die bye-vragmotor is dood en drie ernstig beseer. Twee mans in die ander vragmotor is ook beseer.

Wicks sê die drie paramedici het nie ’n maklike taak gehad tussen die bye nie. Hulle het egter hul man gestaan en die beseerdes so tussen die bysteke deur behandel. “Hulle is talle kere gesteek.”

Slegs die paramedici wat rondbeweeg het, is gesteek en nie die beseerdes nie.

Gelukkig was nie een van die paramedici allergies vir bye nie, het Wicks gesê.

Die polisie het mense Dinsdag gewaarsku om hul voertuigruite hier toe te hou, omdat van die bye steeds in die omgewing was. Die byeboer was Dinsdag steeds besig om sy bye bymekaar te maak.

Die beseerdes is na die Mediclinic Bethlehem en die Thebe-hospitaal op Harrismith gebring. 

Volg Nuus24 op Twitter. 

- Volksblad

Lees meer oor: paramedici  |  bye  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.