Buurman red seun van Benoni wat amper verdrink
2012-01-02 15:25
Johannesburg – ‘n Twaalfjarige seun se lewe is gespaar nadat hy amper in ‘n swembad by sy huis in Crystal Park, Benoni, verdrink het, het paramedici Maandag gesê.
Volgens Derrick Banks, ‘n woordvoerder vir ER24, het die voorval Sondag om 15:00 gebeur.
‘n Buurman het mond-tot-mond-asemhaling toegepas om die seun by te bring nadat hy deur familielede uit die water gehaal is.
Die seun het op die grond gelê toe paramedici by die toneel aankom. Hy het ‘n pols gehad en op sy eie asem gehaal. Die kind is daarna na ‘n hospitaal geneem.
Volgens Banks was die seun vyf minute onder die water. Hy sê die buurman se vinnige instink om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas, het die kind se lewe gered.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA