Buthelezi se lewe glo in gevaar
2011-02-18 23:00
Die polisie het sy beveiliging van die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi verskerp weens doodsdreigemente, het RSG Vrydagaand berig.
Die IVP se nasionale organiseerder, Albert Mncwango, sê die veiligheid rondom Buthelezi is verskerp en so ook die beveiliging van die IVP se sekretaris-generaal, Musa Zondi.
Mncwango het dit gesê in reaksie op berigte van bewerings deur die voormalige IVP-voorsitter, Zanele Magwaza-Msibi, dat haar lewe in gevaar is omdat sy van die IVP weggebreek het.
Mncwango het dit as roekelose uitlatings bestempel.
Volg Nuus24 op Twitter.