Buthelezi kap politici, Malema oor dwase woorde

2010-04-07 11:10
Tweets Share Share line Print

Rajaa Azzakani, Die Burger

Kaapstad -“Dit is nou die tyd vir ons land se leiers om wysheid en diskresie te toon deur ’n einde te maak aan dwase woorde soos ‘Skiet die Boere’.”

Die sing van liedjies soos “Skiet die Boere” is ’n beroep om groter vernietiging, verdeeldheid en pyn, het Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, gister gemaan.

Hy het in sy weeklikse nuusbrief gesê pres. Jacob Zuma, as ’n ouer en meer volleerde leier wanneer dit kom by die ontlonting van spanning, was goed bewus van die ramp wat kon volg ná die moord Saterdag op Eugène Terre’Blanche, AWB-leier.

Zuma het op televisie by politieke leiers gepleit om hulle te weerhou van aanhitsing en hulle eerder te beywer vir nasionale eenheid, vrede, verdraagsaamheid en respek vir ander.

Buthelezi het gesê: “Ek kan nie anders as om myself af te vra waarom ons president so lank gewag het om dié beroep te doen nie.”

Leiers van alle politieke partye het gewaarsku oor die moontlike gevolge van Julius Malema, ANC-jeugleier, se haatspraak.

“Glo die ANC steeds hy is reg om die hofbevel (wat Malema verbied om die lied te sing) te verwerp?” wou Buthelezi weet.

Hy meen die ANC is gewaarsku dat ’n verontagsaming van die hofbevel daarop neerkom dat die party teenoor die regstelsel geplaas word, wat die gevaar inhou dat die samelewing in twee kampe gedestabiliseer word.

“Die oomblik wat mense die gereg sien rondspartel, verloor dit gesag en word daar maklik oortree.”

Buthelezi het gesê plaasmoorde kan nie net toegeskryf word aan loongeskille en arbeidskwessie nie. “Daar is iets boosaardig aan die werk. Dié goed kan nie gebeur in die afwesigheid van ’n kultuur van wetteloosheid nie.”

Hy het gesê ongeag of die bevrydingslied verantwoordelik was, bly dit onwys om die verlede by die hede in te sleep.
 
“Ons het as ’n nasie soveel energie gebruik om versoening na te streef en dit sal ’n tragedie wees om toe te laat dat individue die vordering vernietig wat deur so baie gemaak is.”

Hy het gesê die AWB se standpunt om sy oorlogsverklaring terug te trek, toon ’n wysheid wat hy in die Afrikaner-gemeenskap waar­deer.

-Die Burger

Lees meer oor: haatspraak  |  politieke onrus

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sambok sê... Die leierskap moet aan die een gaan met die laagste skool kwalifikasie dis mos die meriete waarop hulle werk. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.