Busramp-slagoffers bekend
2011-08-25 18:02
Johannesburg – ‘n Patoloog het lykskouings begin uitvoer op die geïdentifiseerde lyke van die 14 leerlinge wat Woensdag in ‘n busramp by Knysna gesterf het, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Volgens kapt. Malcolm Pojie is die uitslae van die lykskouings nog nie bekend nie, maar al die slaggofers is uitgeken deur hul families.
Die busbestuurder wat gesterf het, se naam is Colin Pyle (65).
Die leerlinge is Ashwell Davidson (17), Felicity Fiegeland (10), André Fiegeland (12), Maurisha Fiegeland (15), Lugan Mello (8), Lisa Mello (9), Antonio Mello (6), Michael Sass (9), Cheswin Freiburg (15), Rayleen Wessels (11), Marco Kiewiets (11), Jorina Kiewiets (7), Marushaan Meyer (13) en Octavia Williams (14).
“Forensiese kenners het uit Kaapstad aangekom en die ongelukstoneel gerekonstrueer om die oorsaak van hierdie tragedie te vind,” het Poje gesê.
Die uitvoerende burgemeester van Knysna, Georlene Wolmarans, het Donderdagoggend aan eNews gesê die bestuurder het tot 58 leerlinge probeer vervoer in die bus, wat 32 sitplekke gehad het. Hy wou glo nie twee keer ry om al die leerlinge by die Rheenendal-laerskool te kry nie.
Die leerlinge en die busbestuurder het gesterf toe hy op ‘n lae brug beheer oor die voertuig verloor het. Die bus het in ‘n dam geval. Tot 44 kinders is beseer.
Hulle is almal Donderdagoggend ontslaan.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA