Busramp skok land

2011-08-25 07:00
Tweets Share Share line Print

Die blou bus van African Express waarin talle leerlinge gesterf het, word uit die water gehys. Foto: Eugene Gunning

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rheenendal – Die Rheenendal-gemeenskap tussen Knysna en Sedgefield steier van skok ná moontlik die grootste busramp nóg in die Suid-Kaap.

Altesame 14 laerskoolkinders en hul busbestuurder het Woensdag kort voor 08:00 verdrink nadat hul skoolbus in die stormwater van Kasat se Drif beland het. Die ongeluk het op die Rheenendalpad sowat 20 km wes van Knysna gebeur.

Een van die kinders is net ’n paar sekondes voor die ramp teen ’n bult op dié pad opgelaai.

Die bus behoort aan African Express en dit word uitgekontrakteer aan die Wes-Kaapse departement van onderwys. Die leerlinge is almal van die Primêre Skool Rheenendal.

Die bus het sitplek vir 33 mense en daar was minstens 57 passasiers in die bus. Die bestuurder was Colin Pale.

’n Ma het al drie haar kinders van onderskeidelik 7, 9 en 15 in die treurspel verloor.

Twee tweelinge was ook onder die slagoffers.

Die bus het stilgehou om ’n kind op te laai, toe die remme glo ingegee en dit stadig agteruit begin loop het. Dit het enkele sekondes en sowat 30 meter verder oor die rand van die brug in die bruin water van die rivier geval. Net die agterkant van die blou bus het uitgesteek.

Johan Luiters wat daar naby werk, het gesê hy het kort ná 08:00 opgedaag. Hy het gesien hoe van die kinders deur die bus se vensters probeer klim. Net 42 van die leerlinge kon die oewer bereik.

Reddingswerkers en noodvoertuie van Knysna en George het hulle na die toneel gehaas.

Duikers het die toneel gefynkam. Lyke is een ná die ander uit die water gebring en onder wit komberse langs mekaar op die brug geplaas. Die eerste lyke is kort ná 08:00 uitgehaal.

Ene Brett, wat nie sy van wou noem nie, het vertel dat hy dadelik in die water gespring het toe hy op die toneel aankom. Hy werk daar naby en gebruik elke dag die pad.

Hy het een van die kinders uit die water probeer trek, maar die kind was ongelukkig reeds dood.

Hy het vertel daar was al vantevore ongelukke by dieselfde bruggie.

“Dit is nie die eerste keer dat hier ’n ongeluk was nie, en ook nie die laaste keer nie.”

Namate nuus oor die ongeluk bekend geword het, het ’n groot klomp ouers en belangstellendes saamgedrom op die toneel wat deur die polisie afgesper is.

Bekommerde ouers het probeer vasstel of hul kinders onder die slagoffers is.

Die hulp van ’n ekstra swaar-insleepvoertuig is later ontbied. ’n Groot hyskraan op die rooi insleepvoertuig het kort voor 12:00 daarin geslaag om die blou bus uit die water te trek.

Die bus is kort daarna weggesleep en word by ’n onbekende bestemming deur die polisie bewaak.

’n Hoëvlak-ondersoek sal binnekort begin.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: knysna  |  sedgefield  |  busongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

alida.amsenga sê... Daizy, indien dit insittendes was, soos jy van harte hoop, is dit ook iemand se ma, pa, of kind. Het jy 'n huiswerker of tuinhulp? Gaan haal jy hulle elke oggend by hulle huise, of ry hulle taxi? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

1400 LDV Std PU
2006
R 48,950.00

HONDA

CIVIC 1.7i 5Dr
2002
R 82,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.