Busbestuurders staak wéér
2011-08-09 13:23
Johannesburg – Busbestuurders van die Rea Vaya snelbusdiens het Maandagaand weer begin staak.
Die busbestuurders was sedert verlede week op 'n onbeskermde staking weens veranderings aan die skofstelsel.
Die werkers het Maandag teruggekeer werk toe nadat die operateur, Piotrans 'n hofbevel teen die staking bekom het.
Die vakbond, Samwu sê die werkers het Maandagaand met 'n wettige staking begin, weens 'n dispuut wat sedert Junie nog nie bygelê is nie.
Dié dispuut handel oor salarisse, pensioenfondse en dertiende tjeks.
Piotrans sê intussen die jongste staking deur Samwu-lede is onwettig.
'n Woordvoerder, Eric Motshweni sê hulle regsverteenwoordigers verduidelik die situasie aan die vakbond en bedrywighede kan so gou as Dinsdagmiddag na normaal terugkeer.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG