Busbestuurders staak oor skofte
2011-02-09 18:00
Johannesburg - Johannesburgse Metrobus-operateurs wat aan die vakbond SAMWU behoort, het begin staak.
Die Johannesburgse Metro het bevestig dat die munisipale werkersvakbond, SAMWU, 'n kennisgewing van voorneme om te staak, oorhandig het.
Die busbestuurders is ontevrede oor die skofte wat in Desember verlede jaar ingestel is.
SAMWU het die busmaatskappy vroeër voor die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie gedaag, maar het die saak verloor.
Die werkers eis egter steeds dat die ou skofstelsel heringestel word.