Busbestuurder geskors ná ongeluk
2011-05-20 13:26
Kaapstad – 'n Busbestuurder van die Golden Arrow busmaatskappy, wat in 'n botsing in Woodstock, Kaapstad, betrokke was, is geskors.
Dertien mense is Dinsdagaand beseer nadat die bus in 'n Eerste Nasionale Bank in Victoriaweg geploeg het.
Bronwen Dyke, woordvoerder van Golden Arrow, het gesê die bestuurder beweer hy wou 'n botsing verhoed.
"Die bestuurder is hangende 'n interne ondersoek geskors."
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter