Bus, vragmotor en taxi bots by Crown-wisselaar
2011-05-14 13:09
Johannesburg – ‘n Bus, vragmotor en taxi het Saterdag naby die Crown-wisselaar op die M1-suid gebots, het noodpersoneel gesê.
Volgens die woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, supt. Wayne Minnaar, was besonderhede rondom die ongeluk nog onbekend.
Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het die ongeluk as “massief” beskryf.
Dit sal tyd neem om die toneel op te ruim en verkeer kan geraak word hierdeur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA