Burgemeester kies hasepad

2011-05-14 08:00
Tweets Share Share line Print

DIE Moqhaka-munisipaliteit op Kroonstad het onder skerp kritiek deurgeloop tydens ’n betoging oor dienslewering. Hier wys mnr. Giep van Heerde(stet) wat hy van die munisipale administrasie dink. Foto: JOHAN BRITS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Volksblad

Kroonstad – Die beleërde burgemeester in die omstrede Viljoenskroonse toiletskandaal het Vrydag met ’n bewende onderlip weggehardloop van nagenoeg 1000 woedende inwoners met diensleweringsgriewe.

Sy is beledig, verskree en uitgejou toe sy vervaard probeer wegkom het van optoggangers in swart klere, soos roubeklaers, met twee doodskiste as simbool van die Moqhaka-raad se “begrafnis”.

Mantebu Mokgosi, politieke hoof van die Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon en Steynsrus), het skynbaar nie kans gesien om ná ’n week van toiletdrama en vlymskerp kritiek nog aan Kroonstadters te moet verduidelik waarom die dorp uitmekaar val nie.

Sy het letterlik haar rug op die inwoners gedraai en vergesel van ANC-raadslede, haar na die munisipale gebou gehaas waar sy agter die glasdeure verdwyn het.

Mokgosi het wel voordat sy gevlug het, aan die media gesê dit is juis die inwoners se skuld hoekom Kroonstad lyk soos hy lyk.

“Die mense betaal nie hul dienstegelde nie.

“Boonop is meer as 50% van die inwoners werkloos.”

Woede en ontevredenheid oor Kroonstad se slaggate en riool- en waterprobleme het ’n hoogtepunt bereik in die dorp se bestaan van meer as 100 jaar.

Altesaam 3500 mense het reeds ’n versoekskrif teen swak dienslewering geteken, en die grootste hof­optrede sover bekend in Kroonstad se geskiedenis word beplan met die doel om die hooggeregshof te vra om die munisipaliteit tot dienslewering te dwing.

Gister het inwoners in swart klere ’n vreedsame optog teen die diensleweringsgebreke gehou.

’n Brief met griewe is aan die munisipaliteit oorhandig.

Die optoggangers of “roubeklaers”, wat bestaan het uit sakelui, inwoners van alle rasse, jonk en oud, ryk en arm, het gister met swaaiende plakkate deur die middedorp beweeg.

Twee kiste met die woorde “rus in vrede” is gedra en later by die munisipaliteit neergesit.

Die griefskrif was aan Mcedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, gerig, maar Mokgosi is gestuur om dit in ontvangs te neem.

Sy het die media toegespreek, maar toe inwoners wou gehad het sy moet met hulle praat, het sy weggehardloop.

Die optog was baie vreedsaam, maar Mokgosi se weghardlopery het inwoners kwaad gemaak.

Die skare het haar skerp veroordeel omdat sy haar rug op hulle gedraai het, net soos die ANC self en die Jong-Kommuniste-liga (JKL) haar dae gelede gekritiseer het oor die toiletdebakel.

Me. Mary-Ann van Aswegen, woordvoerder van die optog, sê Mokgosi se gedrag gister is ’n jammerte.

“Ons het vir die munisipale bestuurder gevra, maar te midde van die omstredenheid om die Rammulotsi-debakel (die toilette) het hy haar gestuur.

“Dit voel eintlik sy is op pad uit. Dit sou meer beteken het as Mqwathi die brief kom ontvang het. Dit sou beteken het hy gee om.”

Ook die DA het Mokgosi se optrede gekritiseer.

atricia Kopane, DA-LP wat aan die optog deelgeneem het, sê: “Sy hardloop weg. As sy respek gehad het, sou sy ’n woord gesê het,” het Kopane gesê.
Van die treffendste plakkate gister het gelui I’m not drunk, I’m dodging potholes, Eish Ace, come and see this mess, Kroonstad is stukkend en Kroonstad ,1855–Q2011.

Volgens Van Aswegen het 2000 mense deelgeneem.

 
 






Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.