Buitelandse toer met 150 kinders in die gedrang

2011-10-04 07:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – 'n Sporttoer na Portugal en Spanje wat vir 150 skoolkinders van oor die land heen ’n onvergeetlike ervaring moes wees, het in ’n nagmerrie ontaard.

Onder hulle is meer as 50 leerlinge van die Vrystaat en Noord-Kaap.

Talle van dié rugby-, hokkie-, en netbalspelers se ouers moes Maandag inderhaas ’n plan maak om elk sowat €300 (sowat R3 000) in die hande te kry sodat hul kinders nie dalk in ’n vreemde land op straat moet sit nie.

Dit kom nadat die kinders se verblyf in ’n oord in Lissabon glo nooit deur die organiseerder, ’n maatskappy wat in sporttoere spesialiseer, betaal is nie.

Die toer sou van 29 September tot 11 Oktober duur, met vyf dae in Portugal, een dag in Spanje, en nog ses dae in Portugal. Uit die Noord-Kaap is daar leerlinge van die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland op Jan Kempdorp, Hoërskool Vaalharts op Jan Kempdorp, Hoërskool Kathu, Hoërskool Kalahari op Kuruman en Duineveld op Upington.

Ouers het reeds maande gelede sowat R23 000 aan die Kaapse maatskappy World Sport Barbarians betaal. Dit is altesaam sowat R3,45 miljoen.

Die spanne is in April vanjaar op die agtste World Sport Events-sportweek op Stellenbosch gekies. Altesaam 130 spanne van hoërskole oor Suid-Afrika, Namibië, Engeland en Zimbabwe het deelgeneem.

Die bestuur van die Vilamoura-oord in Lissabon het met die kinders se aankoms Vrydag hulle die aand glo goedgunstelik laat oorbly omdat die kinders geen ander heenkome gehad het nie. Elke kind moes wel €35 uit hul sakgeld betaal en die oord wag nou op die res van die geld.

Volksblad het Maandag verskeie pogings aangewend om die eienaar van World Sport Barbarians, Michael Grundling, te kontak.

In ’n SMS-boodskap die naweek aan ouers het hy geskryf dat die probleem weens sy toedoen is en dat die betaling vir verblyf nie betyds sal deurgaan nie, derhalwe moet die ouers vir eers dringend help met geld om te voorkom dat die leerlinge dadelik moet terugvlieg huis toe.

'Ouers, vergewe my vir die fout...'

Die SMS-boodskap wat Grundling die naweek aan ouers gestuur het wie se kinders nou met verblyfprobleme op ’n sporttoer in Portugal sit, lui:

“Dag ouers. Weer heerlik en kinders reg vir eerste wedstryde. Ons groot krisis hier is dat ons finale betaling vir verblyf eers Dinsdag by hulle gaan wys.

“Hulle wil ons dus môre vra om te gaan. Hierdie is ’n uitsluitlike fout van my kant en nie enige afrigter of werknemer van my nie. U kinders is veilig. Ons het een van twee scenario’s. Of ons moet probeer terugvlieg vanaf môre of ons moet vir hulle ’n groot betaling maak. Ouers, vergewe my vir die fout. Ons sal elkeen vandag moet €300 betaal om hier te kan bly.

“Ons gelde wat inkom Dinsdag of Woensdag sal ons weer terugbetaal, insluitend €35 van gister. U moet ons asb leiding gee. Ja ek weet u is ongelooflik kwaad vir my, maar u kan dit op my uithaal as ons terug is. Ons wil die beste vir die kinders doen en om terug te vlieg gaan probleem wees.

“Indien u nie wil hê u kind moet verder deelhê hieraan nie, sal ek verstaan. Maar alles is in plek en soos ek sê, haal al u woede op my uit asb. as ons terug is. Ons wil dit nog steeds onvergeetlik maak. Indien u eerder self die geld wil inbetaal, kan u dit doen in ons rekening van Absa met u kind se naam.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.