Buitelandse agentskappe 'spioeneer' op Mandela
2011-12-15 10:31
Johannesburg – Internasionale nuusagentskappe het sowat ses jaar lank kameras buite oudpres. Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap opgesit, berig The Times.
Volgens Nokwanele Balizulu, wat oorkant Mandela se huis in Qunu woon, het bevestig dat sy toestemming gegee het dat kringtelevisiekameras by haar huis geïnstalleer kan word.
"Ek het ingestem om die kameras daar te hê, maar ek gaan niks verder sê nie."
Volgens die dagblad is daar minstens drie kameras, wat aan die Associated Press (AP) en Reuters behoort, vir so lank as ses jaar op haar eiendom.
Paul Colford, woordvoerder van AP, het aan The Times gesê: "Dit is nie kringtelevisiekameras nie. Saam met die ander media het AP 'n gereedheid rondom mnr. Mandela se moontlike afsterwe
"Die AP-kameras was nie aangeskakel nie en sal slegs gebruik word tydens 'n groot nuusgebeurtenis waarby die voormalige president betrokke is.
Reuters Suid-Afrika het navrae na sy kantoor in Londen verwys.
– Volg Nuus24 op Twitter