Buchan, Zille bid vir beter SA

2010-03-07 08:49
Tweets Share Share line Print

Johannes de Villiers

Pretoria - Christene het Saterdag in hul duisende na die allerheiligste plek van die Suid-Afrikaanse regering opgeruk om te pleit dat dinge in die land radikaal verander.

Op die gras voor die Uniegebou in Pretoria het politici soos Helen Zille, DA-leier, hul hoofde gebuig sodat God se seën oor hulle afgebid kon word. Predikers het gepleit dat “goddelose wette” verander word. Mense is opnuut aangemoedig om hulle te bekeer.

En een van die sprekers het selfs gepleit dat die Grondwet aangepas word om God uitdruklik te erken.

Predikers soos Angus Buchan en Graham Power, asook dr. Pieter Mulder, VF+-leier, en die rugbyspeler Pierre Spies was onder die sowat 15 000 wat die Turn2God-saamtrek bygewoon het.

“Ek weet van geen ander plek ter wêreld waar soveel mense in die setel van die regering byeen kan kom om God te prys nie,” het Buchan gesê.

Die mees politiek gelaaide woorde was dié van ds. Bennie Mostert, predikant van die NG kerk Moreletapark. Die skare het hom hoorbaar beaam toe hy gesê het Suid-Afrika se huidige probleme is deels daaraan te wyte dat God nie in die Grondwet en ander wette erken word nie.

“Ons is sondaars onder die hand van ’n toornige God. Ons het gestem vir ’n Grondwet wat God nie erken nie. Ons het huwelike tussen mense van dieselfde geslag gewettig en só die verbond van die huwelik verwoes. Ons het aborsie, wat moord is, gewettig.”

Die gehoor het hande geklap toe Mostert gesê het die vigsepidemie sal slegs gestuit word deur ’n terugkeer na Christelike sedelikheid.

“Ons sal nie vigs in dié land met net ’n stuk rubber hokslaan nie.”

Nog ’n prediker wat dié sentimente beaam het, was Linda Gobodo van die Vuka Africa-gebedsnetwerk, wat gesê het Suid-Afrika het wette aanvaar wat ’n gruwel is. Ds. Elza Meyer, organiseerder van die saamtrek, het gesê dit is tyd dat Suid-Afrikaners God moet nader om opnuut ’n verbond met Hom te sluit, soos al in die verlede gebeur het.

“In 1654 het Jan van Riebeeck en sy mense ’n verbond met God aangegaan en gesê hulle sal sy volk wees. In 1836 het dieselfde gebeur toe die mense in KwaZulu-Natal in vreesbevange verwondering voor God gestaan en gesê het hulle sal sy volk wees.”

Buchan het in sy rede ’n paar keer na die omstrede kwessie van pornografie verwys. Ouers moet hul seuns verbied om pornografie by die huis in te bring, het hy gesê.

Agter die verhoog het hy sy hartseer uitgespreek oor MultiChoice se oorweging van ’n moontlike porno-kanaal.

Politici is verhoog toe genooi sodat van die predikers vir hulle kon bid terwyl mense in die skare ook hul arms in ’n gebaar van seën gelig het. Meyer het Jesus se seën op Zille afgebid, waarna Buchan vir pres. Jacob Zuma (nie aanwesig nie) gebid het.

“Ek bid, o God, dat u hierdie man se lewe sal aanraak, selfs in die vroeë oggendure sodat hy volgens u wil kan leef,” het Buchan gebid.

Zille het aan Rapport gesê sy deel die skare se geloof dat liefde baie belangrik is.

Mulder het gesê hy stem in sekere opsigte saam met die saamtrekkers omdat die VF+ ’n Christelike party is.

Hy dink mense moet Christelike waardes aktief uitleef. Hy is egter nie so seker dat Christelikheid deur wette afgedwing moet word nie, maar meen dit moet eerder vrywillig uitgeleef word.

Saterdag se byeenkoms was gelaai met simboliek. Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz, was lid van ’n groep wat met vlae en fakkels nadergedraf het.

En die geleentheid is afgesluit met ’n wit perd wat in die rigting van die Uniegebou gelei is terwyl iemand op ’n ramshoring blaas, as simbool van God se Woord wat uitgedra moet word.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  sa politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.