Brug in Jhb stort inmekaar na swaar reën
2011-03-26 09:00
Johannesburg – ‘n Brug op Witkoppenweg in die noorde van Johannesburg het vroeg Saterdagoggend as gevolg van swaar reën inmekaargestort, het die metropolisie gesê.
Volgens supt. Wayne Minnaar gaan die brug oor die Braamfontein Spruit, die langste stroom in Johannesburg.
Dit het om 05:00 tussen Rivonia- en Witkoppenweg in Sunninghill inmekaargestort.
“Witkoppenweg is gevolglik afgesper,” het Minnaar gesê
Motoriste word aangeraai om William Nicol-rylaan as ‘n alternatief te gebruik.
Geen motoriste is beseer nie, het Minnaar bygevoeg.
“Opruimingswerk sal deur die dag gedoen word, daar is nie ‘n kans dat die pad binnekort sal oop wees nie.”
Volg Nuus24 op Twitter