Broers van Oos-Kaap vas vir moord
2011-12-11 17:35
Johannesburg – Twee broers is in hegtenis geneem ná hulle na bewering 'n man in Butterworth vermoor het, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.
Die broers, 18 en 31, het 'n 35-jarige man Saterdagaand doodgeslaan, het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.
Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
Die twee mans sal na verwagting Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA