Broers sterf ná woonstel brand
2010-06-01 00:18
Johannesburg - Twee broers is dood ná 'n kers hul woonstel aan die brand gesteek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Lukholo Makuleni (26) en Philani Makuleni (21) het 'n kers in hul woonstel aangesteek voor hulle gaan slaap get omdat daar geen elektrisiteit in hul woonstel in Thoboshane in Butterworth is nie.
Kapt. Jackson Manatha het gesê 'n buurman het omstreeks 04:10 rook by hul woonstel sien uitkom en die broers se pa wakker gemaak.
"Hy het die deur afgeskop, maar hulle was reeds dood."
– Sapa
Volg Nuus24 op Twitter