Broers sterf in Pta-ongeluk
2011-09-08 19:52
Johannesburg – Twee broers is dood en 11 kinders is beseer toe ‘n motor en ‘n bus Donderdag teen mekaar gebots het in Soshanguve, noordwes van Pretoria, het die polisie gesê.
Volgens kapt. Solly Marindi het die broers, onderskeidelik 37 en 34 jaar oud, omstreeks 09:00 in hul motor gereis toe die bestuurder beheer oor die motor verloor en reg van voor teen die bus gebots het.
Die bus het laerskool-leerders na Sun City vervoer. Geen van die kinders is ernstig beseer nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA