Broers kry dubbele ooievaarsbesoek

2011-03-04 09:03
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Twee Bloemfonteinse broers se beker van vreugde loop oor nadat hul vrouens binne ’n uur van mekaar geboorte aan elk van die egpare se eerste seun geskenk het.

Die familie Jansen van Vuuren van die stad was Donderdag baie trots op die dubbele ooievaarsbesoek in hul geledere.

Hendri Jansen van Vuuren (31) en sy broer, Thys (33), het albei Woensdag die trotse pa van ’n babaseuntjie geword.

Hendri se vrou, Dalene, het om 10:42 geboorte aan klein Matthys geskenk. Sy het ook Woensdag verjaar.

Thys se vrou, Trudie, het minder as ’n uur later, om 11:24, geboorte aan Thysie geskenk. Dit is albei die broers se tweede kind.

Hendri en Dalene het ’n dogtertjie, Lea (18 maande), en Thys en Trudie het ook ’n dogtertjie, Mika (3).

“Ons het dit glad nie so beplan dat ons vroue op dieselfde dag geboorte skenk nie,” het Hendri Donderdag uit die Bloemfontein-Medi-Clinic vertel.

Hy sê dinge het baie toevallig so gebeur.

“Ons datum was uit die staanspoor vir dié week bepaal, maar Thys-hulle se kleinding het toe besluit om ’n week vroeg te kom,” sê hy.

Hy sal nooit die dag, sowat nege maande gelede, vergeet toe Thys hom met die groot nuus gebel het nie.

“Hy het vir my gesê ek sal dit nie glo nie, maar hy en Trudie verwag ’n babatjie. Toe sê ek vir hom hy sal dit ook nie glo nie, maar ons verwag ook ’n babatjie.”

Vir die broers is die dubbelgeboorte ’n baie besonderse gebeurtenis.

“Ek dink vir die twee nefies sal dit ook ’n spesiale band wees,” sê Thys.

Die twee egpare het tot dieselfde ginekoloog, dr. Lizette de Coning, gehad.

“Sy was saam met ons verheug oor ons twee seuntjies se spesiale geboortedag,” sê Hendri.

Ook die grootouers en ander familie is verheug oor die dubbelgeboorte en die verjaardae sal elke jaar behoorlik gevier word.

- Volksblad

Lees meer oor: geboortes  |  kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.