Broer sê 'Sondagverkragter' om hom oor te gee

2011-10-14 07:15
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die vermeende “Sondagverkragter”, wat glo minstens tien meisies verkrag en twee vermoor het, het hom aan die polisie oorgegee omdat sy broer hom gevra het om dit te doen.

Die 35-jarige verdagte, die pa van ’n sesjarige kind, het hom in Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus oorgegee ná die moord op Louise de Waal (17), wat naby die Hoërskool Die Burger in Roodepoort ontvoer is.

Sy broer het hom op versoek van die polisie oortuig om dit te doen.

Dit het ook aan die lig gekom dat hy in 2007 die tronk vrygespring het nadat hy skuldig bevind is dat hy drie minderjarige meisies by ’n bushalte in Roodepoort gemolesteer het.

Die man het glo sowat drie jaar lank op meisies tussen tien en 17 jaar aan die Wes-Rand en in Noordwes toegeslaan.

Hy is ’n getroude man met ’n sesjarige seuntjie. Hy het aan die polisie erken dat hy Louise eergister naby haar skool ontvoer en vermoor het.

Louise se verbrande lyk is Woensdagmiddag omstreeks 13:00 op ’n plaas naby Maropeng naby Krugersdorp gevind.

Haar skoolsak en die man se vuurwapen is in die verdagte se werkbakkie in Roodepoort aan die Wes-Rand gevind.

Kapt. Gerald Mfeka, polisiewoordvoerder van Margate, het aan Beeld se susterkoerant The Witness gesê dat die verdagte oornag na Margate in die KwaZulu-Natalse suidkus gereis het in sy luukse goue Mercedes-Benz-sportnutsvoertuig.

Die lang, maer man met ’n kaalgeskeerde kop het ’n roomkleurige slenterbroek en ’n gestreepte T-hemp gedra toe hy hom oorgegee het.

Hy was netjies versorg, berig Indhrannie Pillay en Chris Ndaliso.

Familielede het Louise uitgeken aan haar naeltjiering, maar die polisie gaan steeds forensiese en DNS-toetse doen om haar identiteit amptelik te bevestig.

Blykbaar is die naeltjiering, Louise se oorbelle en ’n deel van haar skoolwapen wat op haar uniform geborduur was, van die enigste leidrade tot die bevestiging van haar identiteit.

Hy sal na verwagting vroeg volgende week in die Krugersdorpse streekhof verskyn. Hy word glo vandag teruggebring na Gauteng.

Hy word voorlopig slegs van Louise se moord aangekla, maar die polisie het gesê daar kan later nog aanklagte bygevoeg word.

Die polisie het hom intussen verbind met minstens tien ontvoerings – insluitend die een waarin Lazanne Farmer (14) van Pretoria-Wes vermoor is.

Lazanne het in September verlede jaar haar nek gebreek toe sy vermoedelik uit die ontvoerder se bakkie gespring het.

Die ontvoerder het daarna haar 16-jarige vriendin na ’n beboste gebied langs die Hennopsrivier geneem en ’n drankie gegee om te drink, haar kaal uitgetrek en toe verkrag.

In die 2007-saak van seksuele aanranding is hy drie jaar tronkstraf opgelê, wat opgeskort is, en hy moes gemeenskapsdiens verrig.

Die verdagte het in daardie stadium gewerk as ’n verspreidingsbeplanner vir ’n vervoermaatskappy in Kempton Park, maar hy is deesdae betrokke by die insit van plafonne en skortings aan die Wes-Rand.

Genl.maj. Nobesuthu Masiya, waarnemende polisiehoof in Gauteng, het Donderdag gesê die man het homself Donderdagoggend 05:00 oorgegee, kort nadat ao. Peet du Toit, ondersoekbeampte, sy broer gekontak het.

Masiya het gewaarsku dat die polisie nog nie met sekerheid kan sê dat die verdagte wel die Sondagverkragter is nie aangesien die ondersoek steeds aan die gang is.

Die Sondagverkragter het onder meer in Rustenburg, Vanderbijlpark, Potchefstroom, Pretoria-Wes, Carletonville, Krugersdorp-Wes, Roodepoort en Hekpoort toegeslaan.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: louise de waal  |  misdaad  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.