Broer en suster hou mekaar vas, brand dood
2011-04-11 12:10
Johannesburg – Twee kleuters het doodgebrand nadat 'n brand by hul gesin se huis in Lydenberg, Mpumalanga, uitgebreek het, het Beeld Maandag berig.
Angelique van Niekerk (3) en haar broer, Nico (2), is dood in die brand, wat Saterdag in hul kamer begin het.
Hul ma, 15-jarige suster en die huishulp was op 'n ander plek in die huis toe die brand omstreeks 07:45 uitgebreek het.
Die kinders se ma het haar hande verbrand toe sy hul kamerdeur wou oopmaak.
Reddingswerkers het die lyke van die broer en suster, wat mekaar vasgehou het, agter 'n bed gevind.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA