Broer steek suster dood
2011-02-17 14:48
Oos-Kaap – 'n 20 jarige man van Tsolo in die Oos-Kaap het sy 13-jarige suster doodgesteek, het die polisie Donderdag gesê.
"Hy het by die kamervenster ingeklim waar sy geslaap het," het kol. Mzukisi Fatyela gesê.
Die bure het omstreeks 20:00 hoor skree en die polisie ontbied.
Die meisie se broer wat in die aanval beseer is, is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Fatyela het gesê die man is 'n dwelmgebruiker, maar die polisie ondersoek die motief vir die moord.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA