Brits-paartjie vas wat man keelaf sny
2011-10-23 18:05
Johannesburg – ‘n Paartjie is in Brits in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n man keelaf gesny het, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
“Daar word beweer dat die oorledene en die verdagtes Vrydagaand saam by ‘n taverne in Sandfontein was toe ‘n argument tussen die drie ontstaan het,” het sers. Kealeboga Molale gesê.
“Die 33-jarige vroulike verdagte het ‘n mes aan die 35-jarige manlike verdagte gegee om die ander man keelaf te sny. Dit is nog nie bekend wat aanleiding gegee het tot die argument nie,” het Molale gesê.
Die twee sal Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA