Briewe wys top ANC-lede is vir bedrog ondersoek
2010-08-22 10:06
Mynmagnaat Mzi Khumalo en eThekwinin stadsbestuurder Mike Sutcliffe se voormalige maatskappy, Vukani Consolidated Services, is ondersoek vir beweerde bedrog teen die ANC.
Die Sunday Times het briewe bekom, wat tussen 1993 en 1996 geskryf is, wat wys dat Khumalo en Sutcliffe ondersoek is, omdat hulle na bewering ANC fondse gebruik het om kommersiële eiendomme in KwaMashu,Durban te koop.
Khumalo en Sutcliffe het die bewerings die afgelope week ontken.
Vir die volledige storie besoek Sunday Times.