Briewe by aanbieder se huis gevind
2010-08-18 16:43
Kaapstad - Twee briewe is glo in die huis van Fiona Coyne, aktrise en aanbieder van die gewilde TV-reeks The Weakest Link, gevind, het Die Burger Woensdagmiddag berig.
Die een brief is glo aan haar ma uitgemaak en die ander aan haar bediende.
Coyne (45) se lyk is Woensdagoggend in haar huis in Vishoek, Kaapstad, gevind.
Volgens inligting wat vroeër gepubliseer is, is Coyne in ‘n motorongeluk oorlede, maar Eyewitness News het intussen bevestig dat Coyne in haar huis in Vishoek dood is.
Polisie in Vishoek vermoed geen gemene spel nie.
“Ons kan bevestig dat haar lyk om 08:40 deur haar bediende gevind is,” het adjudant-offisier November Filander aan Nuus24 gesê.
November het geen verdere besonderhede bekendgemaak nie.
Volg Nuus24 op Twitter.