Breyten: Praat eerder as slaan

2011-07-17 10:45
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk het vermoed hy kon vanweë sy oortuigings aangerand word deur mnr. Abel Malan, maar het nietemin ingewillig om hom te ontmoet in belang van die oop gesprek.

Van Niekerk praat nie tans met die media nie, maar uit Stellenbosse universiteitsgeledere is aan Rapport gesê Van Niekerk het dadelik onraad vermoed toe Malan hom wou “spreek”.

Hy het egter ingestem omdat hy in beginsel nie gesprek wou weier nie.

Omdat die filosofie-departement vanweë die universiteitsvakansie verlate sou wees buiten die sekretaresse, het Van Niekerk voorsorg getref en ’n veiligheidsbeampte is in die omtrek geplaas.

Die vonk vir die aanval op Van Niekerk was blykbaar toe Malan die reaksies en kommentaar op Van Niekerk se omstrede artikel oor witheid in Suid-Afrika gelees het.

Dit is tans onduidelik of Malan hoegenaamd self Van Niekerk se artikel gelees het voor hy hom gespreek het.

Die gesprek tussen Malan en Van Niekerk het emfaties eerder as empaties verloop, is aan Rapport gesê.

Die veiligheidswag-voorsorg is as geregverdig bewys toe Malan na bewering die lessenaar op Van Niekerk omgekeer en hom aangerand het.

Dié wag het tussenbeide getree, Malan is gearresteer, het in die hof verskyn en is tans in aanhouding.

Van Niekerk is hospitaal toe geneem.

Malan moet in aanhouding bly tot minstens Woensdag wanneer hy weer in die hof verskyn. In sy eerste hofverskyning is beweer hy moes hom reeds Donderdagaand in die aanhoudingselle “teen dreigende aanvalle verweer”.

Malan se regsverteenwoordiger en politieke geesgenoot, mnr. Paul Kruger, het gister aan Rapport gesê hy en Malan was deel van ’n landwye toer van sowat twee weke om hul politieke groep, die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK), se sienswyses te propageer.

Hy sê Malan het die dagblad Beeld gelees en met die idee vorendag gekom om Van Niekerk te gaan spreek.

Kruger het dit duidelik gestel dat die VVK nie geweld voorstaan nie, maar binne die Suid-Afrikaanse en interna­sionale reg – spesifiek art. 235 van die Grondwet – strewe na ’n eie grondgebied vir Afrikaners.

Hieroor het Kruger al verskeie gesprekke (volgens hom in goeie gees) met pres. Jacob Zuma gevoer. Hy voel egter driftig oor wat hy ervaar as ’n dekades lange etikettering deur wit liberale.

“As hulle net vir ons wil sê: ‘Julle is ’n klomp mal idiote, kom onder ons uit en gaan sit op Putsondergat’, sal ek geen probleem hê nie, maar nou word ’n mens geëtiketteer, al het jy hoeveel grade,” sê Kruger.

Luidens ’n e-pos wat die digter Breyten Breytenbach gister aan verskeie Afrikaanse filosowe gestuur het, is dit juis hierdie gevoel van uitsluiting wat in gesprek tussen filosowe en fasciste (sy term) uitgepraat moet word.

Breytenbach is self bereid om aan so ’n gesprek deel te neem.

Intussen het die akademikus prof. Willie Esterhuyse daarop gewys die gebeure is tekenend van groeiende fundamentalisme in die Suid-Afrikaanse politiek.

Hy sê die Afrikaner-fundamentalisme wat uit die aanval blyk en die swart fundamentalisme – of selfs Afro-rassisme – van iemand soos die ANC-jeugleier, Julius Malema, polariseer Suid-Afrikaners. Dit laat boonop toe dat hulle hulself regverdig juis deur mekaar se fundamentalisme.

“Daar is ’n diskoers van woede wat maklik omsit in ’n kortpad na geweld. Dan word gesprek en dialoog uitgeskakel.

“Afrikaners sal hopelik, in beginsel en ter wille van oorlewing, kies teen alle geweld in Suid-Afrika en dus ook teen Afrikanergeweld.

“Die meeste Afrikaners is nie deel van die fundamentalistiese kliek nie en wil die vryheidsruimte bewaar om ’n mening onbevrees te kan uitdruk.

“Daarom is dit noodsaaklik om nie die skandalige aanranding van Anton van Niekerk op enige manier goed te praat nie, maar sterk daarteen standpunt in te neem,” sê Esterhuyse. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.