Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Bredasdorp-man steek gesig weg in hof

2013-02-11 12:18
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Een van Anene Booysen se vermeende moordenaars het te midde van 'n gefluister in die openbare galery in die Bredasdorp-landdroshof verskyn.

Johannes Kana (21), wat Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn het, het sy gesig met 'n handdoek bedek toe hy in die klein hofsaal gelei is.

Kameramanne en fotograwe het gespook om 'n foto van die maer man met tatoeëermerke op albei sy arms te kry.

Inwoners het woedend in die openbare galery gefluister.

Landdros Graham Cupido het aan Kana gesê hy word daarvan aangekla dat hy die 17-jarige Anene Booysen in Kleinbegin verkrag en vermoor het.

Die landdros het gevra of hy om regshulp gaan aansoek doen of sy eie prokureur gaan aanstel.

Kana het sag geantwoord en gesê hy sal die staat se prokureur gebruik.

Sy ma het in die hof opgespring en geskree: "Eie prokureur!"

Toe Kana gevra is of hy om borgtog gaan aansoek doen, het sy ma wéér opgespring en geskree: "Sê ja, man."

Kana sal Dinsdag saam met sy beweerde medepligtige Jonathan Davids (22) in die hof verskyn.

Die hof het vroeër beslis dat die media weens openbare belang die saak mag dek. Die media is egter verbied om Kana se gesig in koerante of op TV te wys.

Maria Marshall, staatsaanklaer, het aan die hof gesê sy wil nie hê die beskuldigde se gesig moet op TV of koerante verskyn nie. Sy gee nie om of die man se lyf gewys word nie.

Landdros Graham Cupido het gevra of daar 'n spesifieke rede is vir die versoek.

Marshall het gesê die ondersoek kan in gedrang kom omdat die staat nog verklarings afneem.

Die 17-jarige Anene is verlede week by 'n bouterrein aangetref nadat sy aangerand, verkrag en vermink is. Sy het verlede Saterdag in die hospitaal gesterf en is die afgelope naweek begrawe.

Dié misdaad het woede uit alle sektore van die samelewing ontlok.
       
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Seg Weer sê... Natas is jy nog kwaad? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.