Brasiliane getuig in Cwele-dwelmsaak
2010-10-18 16:30
Pietermaritzburg - Drie Brasiliane het by die Pietermaritzburg-hooggeregshof aangekom om in die dwelmhandelsaak waarby Sheryl Cwele, minister van staatsveiligheid se vrou, betrokke is, te getuig.
Carlos de Bartole van die Brasiliaanse federale polisie en Carolina Passato Braga en Denison Maia wat dwelms ondersoek, het 10:30 by die hof aangekom.
Bartole het Tessa Beetge in 2008 met kokaïen in Brasilië in hegtenis geneem.
Die staat beweer Beetge is deur Cwele en die Nigeriër Frank Nabolisa as 'n dwelmmuil gebruik.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA