Branson se reaksie op rasvoorval 'stel teleur'

2012-02-09 09:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die man wat Richard Branson in ’n e-pos van ’n vermeende rassistiese voorval by die Virgin Active-gimna­sium in Morningside, Sandton, in kennis gestel het, is ontevrede met Branson se antwoord.

Victor Dlamini, ’n gimna­siumlid, is ook nie oortuig dat Branson self die boodskap geskryf het wat eergistermiddag onder die Virgin-groephoof se naam op Virgin Active SA se Facebook-blad verskyn het nie.

Die brief het gevolg ná ’n voorval waarin Liz Hleza (51) glo tydens ’n spinklas op Oujaarsdag deur ’n ander gimnasiumlid uitgejou en herhaaldelik ’n “k****r” genoem is.

Dlamini het Maandag van die voorval in The Star gelees en “in ’n toestand van skok” onmiddellik ’n brief aan Branson geskryf.

In die brief vra hy Branson om betrokke te raak omdat Virgin Active SA die situasie “swak hanteer het”.

Branson het aanlyn geantwoord dat die Virgin-groep geen vorm van diskriminasie duld nie, veral nie rassisme nie. Hy het ook gesê die betrokke partye het vergader, Hleza is om verskoning gevra en die situasie word ondersoek.

Dlamini het gesê hy het ’n beter antwoord van ’n “leier” soos Branson verwag.

Hy meen die lid moes onmiddellik uit die Virgin-groep geskors gewees het en dit is nie ’n oplossing as hy net met Hleza hande skud nie. “Virgin Active moet nie ’n veilige hawe vir rassiste word nie.”

Dlamini het mense op Twitter gevra om ander gevalle van rassisme by Virgin Active aan te meld. Hy het ses gekry, het hy gesê.

Lesley Mofokeng, ’n joernalis van City Press, het aanlyn oor sy eie ervaring by ’n Virgin Active-klub geskryf.

Mofokeng vergader Donderdag met die bestuur by die klub in Sunninghill nadat ’n middeljarige wit man hom glo verlede maand “nutteloos” en ’n “f****r” genoem het.

Die klubbestuur het Woensdag met dié lid vergader.

Mofokeng het vertel hy is nog te “getraumatiseer en ongelukkig” om weer by die gimnasium te gaan oefen.

Hy meen ook die klub het hom “verraai” deur nie die naam van die lid wat hom beledig het aan die polisie te gee nadat hy ’n klag van crimen injuria ingedien het nie.

Chantel Rall, skakelbestuurder van Virgin Active SA, het Woensdagmiddag laat gesê hulle het nog geen dagvaarding van die polisie ontvang om inligting oor dié lid te verskaf nie.

Rall het ook beklemtoon dat Virgin Active hul lede se privaatheid respekteer en net persoonlike inligting sal uitgee as hulle deur ’n hof of wetgewing aangesê word om dit te doen.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: rassisme  |  virgin active

Lewer kommentaar op hierdie artikel
79 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Vytjie sê... Ag tog,Is die eerste paragraaf nou nodig? Moet 'n mens altyd sout in tottiewond invryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 2.2 D-4D VX 4x4 Dsl MY06
2006
R 249,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

RunX 180 RX 5-dr MY04
2005
R 125,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.