Brandweerman wurg glo meisie, hang self
2009-10-14 16:05
Kaapstad- ‘n 34-jarige brandweerman van Belhar het homself Dinsdag gehang nadat hy glo sy meisie verwurg het, het polisie in die Wes-Kaap gesê.
Volgens kapt. Joe Wilson, polisiewoordvoerder, het Nicholas Slambee na bewering sy vriendin Lucinda Samson (24), vermoor na ‘n hewige argument.
“Hy het ‘n sms na sy ouers gestuur, waarin hy gesê het hy is jammer oor wat hy gedoen het. Nadat sy ma die boodskap gekry het, het sy na sy huis gejaag waar sy op hom afgekom het,” het Wilson gesê.
Paramedici het beide Slambee en sy vriendin dood op die toneel verklaar. Hulle laat ‘n nege maande oue baba agter.
Slambee was ‘n brandweerman in Goodwood.
–Sapa