Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Brandweer spook teen vlamme in Kaap

2013-01-29 08:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Inwoners van die Paarl in die Wes-Kaap is gevra om hul huise te ontruim nadat veldbrande huise in die gebied verwoes het, berig die eNCA-nuuskanaal.

Die radiostasie 567 Cape Talk berig die brand het oornag sommige plase bereik en in die rigting van die N1 versprei.

Roysten Harris, stasiebevelvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdiens, het aan Die Burger gesê die plase De Hoop en Edenvale buite die Paarl is bedreig.

Verkeersowerhede het intussen gesê die R301 tussen die Paarl en Wemmershoek is weens die brand gesluit.

Die brand in die Sederberge in die Wes-Kaap is egter onder beheer, het Werk met Vuur Dinsdag gesê.

Linton Rensburg, woordvoerder, het gesê die groot bekommernis is in die Franschhoek-gebied.

"Ons werk heeldag. Ons het helikopters met waterbomme ontplooi."

Hy het gesê vyf spanne van die Oos-Kaap en die Vrystaat is ingespan en vyf ander spanne is op bystand.

Altesaam 14 Werk met Vuur-spanne is na brande in verskeie gebiede in die Wes-Kaap ontplooi, het die organisasie Maandag gesê.

Werk met Vuur is 'n werkskeppingsprogram van die regering wat bystand aan plaaslike owerhede verleen om veldbrande wat eiendom en lewens bedreig, in bedwang te bring, het Rensburg gesê.

"Die spanne het die afgelope agt weke hard gewerk in die Wes-Kaap."

Die spanne is ontplooi na brande in die Sederberge naby Clanwilliam, Franschhoek, Tulbagh en in die Uniondale-gebied in die Eden-distrik.

Meer as 25 000 hektaar weiveld is reeds in Clanwilliam verwoes.

'n Brand wat buite Franschhoek in die Wes-Kaap ontstaan het, het ’n denneboomplantasie bo die Wemmershoekdam vernietig, het Landbou.com Maandag berig.

Volgens Antwan Bondesio, wynmaker by die Maison-landgoed, is helikopters reeds sedert Sondag besig om die vlamme te probeer blus.

Brandbestryders het intussen Maandag gespook om 'n rits ander brande in die Skiereiland onder beheer te bring. Veldbrande is ondermeer in Macassar en Killarney Gardens aangemeld, berig Die Burger.

Ander veldbrande is in Atlantis, Eersterivier en op die Ou Mamre-en Darlingpad aangemeld, asook in Ocean View, Akasiapark, Sir Low-ryspasweg, Fountain Village in Blue Downs, Belhar, Strandfontein en Kuilsrivier.

Brandbestryders was nog laat Maandagaand op die toneel naby Killarney Gardens en Morningstar langs die N7.

'n Man het Maandagoggend in Guguletu gesterf toe ’n brand in NY108 in die Barcelona- informele nedersetting uitgebreek het.

Nóg 'n brand het klaskamers by die Adult Learning Centre in 15de Laan in Elsiesrivier beskadig. Niemand is beseer nie. 'n Brand by 'n slaghuis in Stasieweg, Bellville, is ook omstreeks 18:45 by die brandweerdienste aangemeld.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: brande
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Giel Man sê... Is daar 'n video daarvan? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.